Raadslid se tragiese dood halt nie dwelmwerk.
Die Kaapse stadsraad gaan R10 miljoen oor die volgende twee jaar bestee om ‘n dwelmsmokkelary te beveg.
Die stadsraad het onlangs aan die media gewys presies hoe die nuwe vierpoot-kollegas dwelms soek dat die stof so staan.
In ‘n tragiese wending die afgelope naweek is die liggaam van die voorsitter van die taakspan teen dwelmmisbruik, mnr. Glen Kleinsmit, opgehang in sy huis in Belville-Suid gevind.
Kleinsmith se dood is deur talle hoë-profielkolomgeweinglegas, onder wie die burgermeester van Kaapstad, me. Helen Zille, betreur.
Kapt. Bernadine Steyn, ‘n polisiewoordvoerder. Het Sondag gesê die polisie vermoed geen misdaad nie.
Intussen gaan die werk van die nuwe eenheid steeds voort en sal dertig hondehandteerders en hulle honde opgelei word vir die nuwe eenheid.
Die opgeleide honde sal ingespan word om die stadsraad se dwelmeenheid by te staan sodat persele vinniger deursoek kan word, juis omdat dwelmsmouse al hoe meer kreatief raak daarmee om hulle dwelms te versteek.
Dit is soms maar ‘n ware hondelewe vir die spesiaal opgeleide dwelm-snuffelaars. In die Swartland-omgewing is daar huis nou ‘n hond op ‘n maand spesiale verlof geplaas nadat dwelmsmouse ‘n losprys van R1 000 vir sy kop aangebied het, het Kleinsmith kort voor sy dood aan die Burger gesê.
Die stadsraad is besig met onderhandeling om die honde en nuwe lede vir die eenheid te laat oplei by Dogs and All. Dit is ‘n privaat onderneming in die omgewing van die polisie se honde-eenheid wat honde en hulle hanteerders oplei.
Foto: Die sniffelhond Pip, ‘n foksterrier van die honde-eenheid in Mowbray, kan nie wag om moeilikheid uit te sniffel nie.
Foto deur: GARTH STEAD
Die Burger, Woensdag, 29 April 2009
MARELIZE BARNARD
Kaapstad