Verordening.
Eienaars van lastige raasbrakke gemuilband.
Daar is sowat een miljoen troeteldiere in metropool.
Daar is nie een hond wat meer blaf as ‘n ander nie, maar honde wat gefrustreerd is, blaf meer.
Só het mnr. Anton van Nierkerk, ‘n instrukteur by Dogs and All naby Malmesbury, gister gereageer op die voorstel in die Kaapstadse munisipaliteit se konsepverordening oor die aanhou van diere dat honde ‘n oorlas is as hulle bedags langer as ses minute en snags langer as drie en ‘n halwe minute per uur blaf.
“Hulle loer byvoorbeeld deur heinings en sien hoe hule hondemaats aan ‘n leiriem die kans kry om buite te gaan stap.” Het Van Nieker gesê.
“Onthou, honde kan nie iets anders doen as blaf om hule frustrasie te wys nie.
“Mense koop ook die verkeerde grootte honde en hou hulle in de klein erwe aan.”
Volgens Van Niekerk moet mense twee keer dink voordat hulle oulike klein hondtjies aanskaf.
Wanneer die nuutjie verby is, word die honde dikwels afgeskeep en sonder behoorlike oefening in erwe gehou.
“Dink tog net daaraan dat daardie oulike klein Duitse herders hondjie of Rottweilertjie baie groter gaan word. Skaaphonde het ‘n verskriklike hoë dryfkrag en moet toegelaat word om uit te gaan. Hulle gaan raas as hulle gefrustreerd is,” het Van Niekerk gewaarsku.
Mnr. J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê daar is sowat ‘n miljoen troeteldiere binne die grense van die Kaapstadse metropool.
Sowate 100 van elke 400 klagtes wat deur amptenare verbonde aan die stadsraad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit ontvang word, is oor honde.
“Die probleem met honde wat ‘n oorlas is, word nie maklik opgelos nie. Tot dusver moes amptenare eers beëdigde verklarings kry en die hof moes oor sake beslis,” het Smith gesê.
Met die nuwe verordening kan aptenare ‘n kennisgewing aan die eienaar van die hinderlike, blaffende honde uitreik, waarna die eienaar stappe moet doen om die geblaf te keer en ‘n gemagtigde amptenaar oortuig dat die hond wel behoortlik beheer word.
Honde kan ook geskut word en sal nie aan eienaars terugbesorg word wat nie behoorlike planne gemaak het om hule honde se geblaf te keer nie.
‘n Nuwe diere-eenheid in die Kaapstadse munisipaliteit, wat presies sal weet hoe die nuwe verordening toegepas en honde en hul base beter bestuur kan word, word beplan.
Die Burger, Saterdag, 6 Junie 2009
MARELIZE BARNARD
Kaapstad